Oftewel, die regstellende koekieverkoping gestop. Ek dink die koekverkopingprotes was 'n skerp idee. Goeie publisiteit is verkry, die owerhede het besluit om op te tree en het soos boelies gelyk, en niemand het seergekry nie.
Vir die lesers wat nie weet van waaroor ek skryf nie, volg asb die skakel na die koerant artikel vir agtergrond oor hierdie klein maar belangrike koekverkoping
As jy te lui was om die skakel te volg:
Studente by die Universiteit van Pretoria het 'n koekverkoping gehou waar blank, bruin, en indier studente R5 per koekie moes betaal, terwyl swart studente slegs R2 hoef op te dok vir 'n koekie. Kliente wat kon bewys dat hulle lede is van die ANC (African National Congress, heersende politieke party in die republiek) kon gratis koekies kry. Hulle is egter gevra om 'n donasie te maak in die korrupsieboksie. :-) Ek lag nou nog. Ek hoop daar is sommer nog baie sulke goeie idees.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)


No comments:
Post a Comment